Cirruswolk

A photograph showing many types of cirrus clouds all jumbled together floating above a plain
Cirruswolke in die lug. Op die foto is daar in die middel bo en regs ook cirrocumuluswolke sigbaar

Cirrus (wolkklassifikasie-simbool : Ci) behoort aan die genus atmosferiese wolke. In Latyn beteken die woord cirrus 'n haarlok of haarkrulletjie en kenmerkend is cirruswolke dun, yl, stringe wolke.[1][2] Die stringe wolke lyk soms ook soos bossies hare en vandaar die naam "perdesterte" vir hierdie wolke.[3]

Op ons planeet is cirruswolke gewoonlik wit of liggrys. Dit word gevorm wanneer waterdamp deur 'n proses van afsetting beweeg op hoogtes van bokant 5 000 m in matige gebiede en bokant 6 100 m in tropiese areas. Dit word ook gevorm as 'n uitvloeisel uit 'n tropiese sikloon. Wanneer cirruswolke in die lug verskyn, dui dit aan dat daar 'n frontale stelsel of 'n tropiese sikloon onderweg is en dat die weerstoestande binnekort gaan versleg. Alhoewel die voorkoms van cirruswolke 'n aanduiding is dat daar binnekort reën kan val, kan hierdie wolke nie reën produseer nie maar net virga. Virga is yskristalle wat verdamp voordat dit op die grond land.

Wanneer sigbare lig en yskristalle in cirruswolke op mekaar inwerk, skep dit optiese verskynsels soos bysonne en halo's. Cirruswolke laat die temperatuur in die lug tussen die hoofwolklaag met gemiddeld 10 °C styg.  Wanneer die individuele wolkies so uitgebreid is dat dit nie van mekaar onderskei kan word nie, vorm dit 'n laag hoëvlakwolke genaamd cirrostratuswolke. Konveksie op hoë hoogtes kan ook 'n ander tipe hoëvlakwolklaag vorm genaamd cirrocumuluswolke. Dit is klein wolkklossies wat druppels superverkoelde water bevat.

  1. "Cirrus Clouds". Clouds. University of Richmond. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2009. Besoek op 29 Januarie 2011.
  2. Funk, Ted. "Cloud Classifications and Characteristics" (PDF). The Science Corner. National Oceanic and Atmospheric Administration. p. 1. Besoek op 30 Januarie 2011.
  3. Palmer, Chad (16 Oktober 2005). "USA Today: Cirrus Clouds". USA Today (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2012. Besoek op 13 September 2008.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne